Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: DFA bekroon dokkies wat Covid in SA bekyk

Die Vereniging vir Dokumentêre Rolprentvervaardigers (DFA) het Dinsdag die wenners van sy docLOVE Covid-19 Citizen Journalist-toekennings bekend gemaak.

Die wenners in die DFA se docLOVE Citizen Journalist-toekennings is (bo, van links) Faith Riyano, Reabetswe Maboea, Zacharia Mashele, Samuel Flans en Slindile Maphumulo. Onder (van links) is Uga Carlini, Flans, Sapho Wulana en Mandisi Sindo. Benitha Vlok en Alexa Singer se foto’s was nie beskikbaar nie. Foto: docfilmsa.com

Tien dokumentêre kortprente, wat elk ’n aspek van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika bekyk, is in dié kompetisie bekroon.

Die docLOVE-kompetisie volg kort op ’n soortgelyke projek wat die vereniging vroeër vanjaar geloods het en waarin hy sy lede uitgedaag het om die invloed van die pandemie op Suid-Afrikaners in ’n kortprent vas te vang.

Volgens Miki Redelinghuys, die DFA se adjunkvoorsitter, het dié projek so goed afgeloop dat hulle besluit het om die docLOVE-kompetisie op die been te bring en dit nie net aan hul lede oop te stel nie, maar enige rolprentmaker, aktivis of kunstenaar in Suid-Afrika wat die uitdaging ook wou aanpak.

Albei kompetisies is deur die departement van sport, kuns en kultuur ondersteun.

“Die docLOVE-kompetisie was ook ’n manier om nuwe stemme te hoor, nuwe rolprentmakers se werk raak te sien, en ook vir hulle DFA-lidmaatskap vir ’n jaar aan te bied sodat hulle aan ander rolprentmakers en professionele geleenthede blootgestel kan word,” sê Redelinghuys.

“Ons wou erkenning gee aan mense wat rolprente gebruik om dit wat hulle raaksien, te dokumenteer, ongeag of jy ’n rolprentmaker, aktivis of gemeenskapswerker is, solank jy net ’n rolprent as ’n stuk gereedskap gebruik om maatskaplike verandering mee te bring.”

Die wenners sluit in:

  • Coronavirus Chronicles deur Sapho Wulana;
  • Covid Fears en The Anti-Blackness of Covid Evictions deur Samuel Flans;

  • Kasi Covid Film deur Mandisi Sindo;

  • Home deur Uga Carlini;

  • Inseparable deur Faith Riyano;

  • Solidarity Fund deur Zacharia Mashele;

  • Our country needs us, now more than ever! deur Benitha Vlok en Alexa Singer;

  • Sanitizing South Africa deur Reabetswe Maboea; en

  • Statistics deur Slindile Maphumulo.

Elke rolprentmaker het buiten DFA-lidmaatskap vir een jaar ter waarde van R350 ook R1 000 ontvang.

Al die weninskrywings kan gratis hierbo op Netwerk24 of op YouTube gekyk word. Besoek https://www.docfilmsa.com/ vir meer inligting.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Flieks  |  Fliek  |  Dokumentêr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.