Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kyk: ‘Downton Abbey’ die fliek

’n Langer voorprent van die langverwagte rolprentweergawe van die trefferreeks Downton Abbey is beskikbaar gestel.

Alles is in rep en roer op die elegante Grantham-landgoed en die Grawley’s staan bont.

Die koning en koningin kom kuier!

Die bolippe raak nog stywer, die verestoffers en poetslappe is uit en almal is aan die werskaf om die herehuis reg te ruk - dit is nou die mense van die huis en hul “gedienstige” bekkige personeel.

Tog kan alles mos nie heeltyd in toom bly nie of hoe? Maggie Smith is te sien as die hertogin en ander bekendes is Joanne Froggatt, Elizabeth McGovern, Matthew Goode en Kevin Doyle.

Downton Abbey
Die nuwe Downton Abbey-fliek word eersdaags uitgereik.
Meer oor:  Downton Abbey  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.