Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: E.T. besoek Aarde wéér

Die geliefde ruimtewese E.T., wat in die Steven Spielberg-rolprent E.T. the Extra-terrestrial van 1982 bekend geword het, is terug. Altans, so blyk dit.

’n Video waarin E.T. ná al die jare met sy maatjie Elliot herenig word, is Donderdag op YouTube gelaai en is sedertdien al byna 12 miljoen keer gekyk.

Hoewel sommige mense dit as ’n nieamptelike opvolg tot die eerste rolprent beskou, is die video bloot ’n advertensie vir Xfinity, ’n Amerikaanse internet- en stromingsmaatskappy.

Henry Thomas, die akteur wat Elliot in die 1982-fliek vertolk het, het sy rol in dié advertensie hervat. Elliot het intussen grootgeword en het ’n vrou en kinders. In die advertensie word E.T. aan die internet en ’n virtuele werklikheid-kopstuk bekend gestel – wat nie met sy vorige besoek op Aarde bestaan het nie.

Die oorspronklike E.T. was ’n enorme sukses by die loket en het volgens die webwerf Box Office Mojo wêreldwyd meer as $660 miljoen verdien. Dit het ook nege Oscar-benoemings ontvang, waaronder vir beste rolprent. Hoewel Gandhi die Oscar vir beste rolprent voor E.T. weggeraap het, het dit steeds vier ander Oscars ontvang.

Thomas het voorheen aan die Britse koerant Metro gesê hy dink nie Steven Spielberg sal ’n opvolgrolprent van E.T. maak nie, of selfs enigiemand anders toelaat om dit te doen nie.

“ ’n Mens wil nie die oorspronklike goedkoop maak nie,” het hy gesê. – Saamgestel deur SZ Minnaar

Meer oor:  Flieks  |  Steven Spielberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.