Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Gavin Hood se jongste rolprent
Keira Knightley as Katharine Gun in Official Secrets, die Suid-Afrikaanse regisseur Gavin Hood se jongste rolprent.

Die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger en draaiboekskrywer Gavin Hood se jongste rolprent is ’n politieke riller gegrond op ware gebeure rondom vertroulike inligting in die aanloop tot die Irak-oorlog.

Suid-Afrikaners behoort dit teen die einde van die jaar te kan sien.

Official Secrets volg die lewe van die Britse fluitjieblaser Katharine Teresa Gun (Keira Knightley), ’n eertydse vertaler by die Government Communications Headquarters (GCHQ), ’n Britse intelligensieagentskap.

In 2003 het Gun hoogs vertroulike inligting aan die media gegee oor Amerika se beoogde inval in Irak asook Amerika en Brittanje se geheime, onwettige waarneming van ander lande in die aanloop tot die aanval op Irak. Die diplomatieke voorstel in die betrokke e-pos wat sy onderskep het, was dat kleiner lande wat nie deel aan die oorlog wou hê nie, afgepers moet word om wel vir die oorlog te stem.

In oorsese resensies is Hood geloof vir sy dramatisering van die gebeure en sy vermoë om ’n boeiende stemming só op te bou dat die kyker self begin wonder wat hy of sy in Gun se skoene sou doen.

Die rede hoekom sy haar veiligheid en dié van haar gesin in die weegskaal geplaas het, word ook meesterlik omlyn.

Hood het in 2005 die Oscar vir beste buitelandse rolprent gewen vir sy rolprent Tsotsi. Sy ander rolprente sluit in X-Men Orgins: Wolverine, Ender’s Game en Eye in the Sky. Knightley speel teenoor Matthew Goode en Ralph Fiennes.

Meer oor:  Gavin Hood  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.