Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kyk: Ikoniese Sophia Loren terug op die silwerdoek
Sophia Loren en Ibrahima Guey in die Netflix-rolprent ‘The Life Ahead’.

Ná meer as ’n dekade waarin die ikoniese Italiaanse aktrise Sophia Loren (86) dit nie op die silwerdoek gewaag het nie, is sy terug in die dramatiese Italiaanse rolprent The Life Ahead.

Oorsese media meen haar vertolking van Rosa, ’n bejaarde, eertydse prostituut, roep om ’n Oscar. Die prent begin op 13 November op Netflix. Trouens, dit lyk of Netflix, luidens ’n berig in Indiewire, ’n veldtog vir ’n Oscar-benoeming vir die ikoniese aktrise wil begin. Sy het meer as ses dekades gelede ’n Oscar gewen vir haar vertolking in Two Women van die regisseur Vittorio De Sica. Sy het ook in 1991 ’n Oscar ontvang vir haar lewenswerk.

Haar nuwe rolprent handel oor Rosa, wat prostitute se kinders oppas vir ’n geldjie. Wanneer Momo, ’n hawelose weeskind, in haar lewe verskyn, ontwikkel daar ’n hegte band tussen die twee. Dit blyk egter dat Momo (Ibrahima Guey) ’n ander lewe op straat leef, wat nie net hom nie, maar ook Rosa in gevaar stel. Die prent is gegrond op die bekroonde en gewilde roman deur Romain Gary en speel in Bari, ’n Italiaanse hawestad, af.

Die regisseur en medeskrywer van die prent is Edoardo Ponti, een van Loren en haar man, die ontslape vervaardiger Carlo Ponti, se twee seuns.

Die prent word op 13 November op Netflix uitgereik.

-saamgestel deur Laetitia Pople met bykomende inligting van Indiewire, Variety, Imdb en Netflix.

Meer oor:  Sophia Loren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.