Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kyk ‘Jerusalema’-kortprent hier!

Werknemers in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf het hande gevat en op ’n unieke manier deelgeneem aan die #JerusalemaDanceChallenge – die dansuitdaging wat wêreldwyd danksy Master KG en Nomcebo Zikode se liedjie “Jerusalema” posgevat het.

Só het Suid-Afrikaanse rolprentlui die #JerusalemaDanceChallenge aangepak. Foto: Skermgreep/YouTube

Suid-Afrikaanse rolprentlui het op Erfenisdag ’n kortprent met die akteurs Tyrone Keogh, Shamilla Miller en Zendaya Muringani by Cape Town Film Studios geskiet. Die kortprent se dramatiese verhaallyn, wat net sowat ’n minuut duur, word opgevolg deur honderde rolprentlui wat op die maat van “Jerusalema” danspassies uitvoer.

Die regisseurs Calvin Hayward en Abongwe L. Booi se eindproduk, wat bloot bekend staan as Jerusalema – South African Film Industry, is Donderdag op YouTube uitgereik en is in minder as 24 uur meer as 8 500 keer gekyk.

Netwerk24 het vroeër berig dat die idee vir die kortprent, wat deur Cheryl Eatoch en James Muringani vervaardig is, deur Hayward bedink is om nie net rolprentlui weer ná fel inperkingsregulasies bymekaar te bring nie, maar ook om ’n boodskap aan internasionale vervaardigers te verkondig dat plaaslike rolprentlui weer slaggereed is om aan die werk te spring.

Die geleentheid is ook gebruik om kospakkies en koopbewyse vir rolprentlui in te samel wat weens die pandemie hul werk kwyt is en swaar gebuk gaan onder finansiële druk.

Eatoch sê aan Netwerk24 meer as R128 000 se koopbewyse vir kos is reeds aan rolprentlui uitgedeel.

“Ons kry steeds mense wat ons vir koopbewyse kontak. Daar is talle mense wat nog hulp nodig het,” sê sy.

Skenkings word daarom steeds ingewag. Enigiemand wat kan help, word aangemoedig om ’n koopbewys op https://bit.ly/33G0RNi of https://bit.ly/2HdG2Bh te koop en dit na cheryl@filmafrikaproduction.com of jamesmuringani@me.com te stuur.

Stuur ’n e-pos na metalmoon@ion.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.