Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kyk: Kani en seun in Marvel Studios se ‘Black Panther’

Die Suid-Afrikaanse akteur John Kani en sy seun, Atandwa, is te sien in Black Panther, die jongste superheldrolprent uit Marvel Studios se arsenaal. Hulle vertolk onderskeidelik die rolle van koning T’Chaka en die jonger weergawe van dieselfde koning T’Chaka.

Die fliek volg die volwasse T’Challa (Chadwick Boseman) wat ná die dood van sy pa, die koning van Wakanda (John Kani), na sy vaderland terugkeer om die troon te bestyg.

Die jong koning kom egter agter hy het meer vyande as vriende wanneer hy in sy geïsoleerde, tegnologies gevorderde koninkryk iewers in Afrika aanland. Dit is tyd dat hy sy staal as koning, maar ook as die geheimsinnige Black Panther, wys.

Dié karakter is reeds aan gehore bekend gestel in die rolprent Captain America: Civil War.

Ander spelers sluit onder andere Michael B. Jordan, Lupita Nyong’o, Danai Gurira, Martin Freeman, Daniel Kaluuya, Letitia Wright, Winston Duke, Angela Bassett, Forest Whitaker en Andy Serkis in. Die regisseur is Ryan Coogler.

Die fliek word in Februarie volgende jaar wêreldwyd uitgereik.

Meer oor:  Black Panther
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.