Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: KORTFILM - Wilhelm van der Walt in Markus en die son

Kyk vandag na Netwerk24 en die KKNK se derde KORTOM-kortfilm, Markus en die son met Wilhelm van der Walt in die hoofrol.

Poster

ROLPRENT 3: MARKUS EN DIE SON

Kan ek jou ’n storie vertel? 

Markus word wakker in sy woonstel in Kaapstad. Met ’n blik op die toekoms, dink hy terug aan sy verlede – hoe hy en sy vrou saam hier beland het en hoe onwaarskynlik dit is dat twee mense mekaar ontmoet en ’n lewe saam begin. Dié kortfilm is as een skoot, sonder enige snitte of redigering verfilm. ’n Kortfilm oor die oomblik net ná ’n mens wakker word. 

Regisseur en skrywer: PHILIP RADEMEYER

Kamerawerk en redigeerder: KOBUS MARX

Produksie, stelinkleding en stilering: MARYKE NEL

Met WILHELM VAN DER WALT 

HIER IS DIE LOKPRENT:

LEES OOK: Skuif reg vir kragtige kortflieks op Netwerk24

KYK HIER NA 'N AGTER-DIE-SKERM VIDEO:

Het jy die eerste twee kortrolprente gemis?

Klik hier om Kortpad met Waldemar Schultz en Brendon Daniels te kyk.

Klik hier om Nappy Blues met Albert Pretorius en Roeline Daneel te kyk.

Waarna kan intekenare volgende week uitsien?

ROLPRENT 4: DIE DANSENGEL

Daar is genoeg plek vir "ander" in die hemel en op aarde. 

Cardo soek aanvaarding in ’n wêreld wat dit moeilik maak. Maar vir elke Cardo is daar ’n hemel.

Skrywer en regisseur: VINETTE EBRAHIM

Kamerawerk en redigeerder: PIETER LOMBARD

Choreograaf en artistieke konsultant: CINDA EATOCK

Met THEODORE JANTJIES, FAIZ DALMAN en KEVIN NARAIN 

Première: 25 Augustus



Meer oor:  Wilhelm Van Der Walt  |  Kknk  |  Kortom  |  Kortfilms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.