Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: ’n Allegaartjie wag in fliekteaters
Die nar wat almal op hol het in IT: Second Chapter.

’n Allegaartjie van drie flieks wag op fliekvlooie – ’n rampokkerdrama gesetel in Sophia­town, kort voor die gedwonge verskuiwings in 1958; After the Wedding, ’n familiedrama oor ’n gesin se geheime en die impak daarvan op hul lewe asook IT, die grilvervolg van die riller.

  • Die Suid-Afrikaanse rolprent, Back of the Moon, neem die kyker terug na die Sophiatown van 1958 kort voor die gedwonge verskuiwings van die swart inwoners na Meadowlands in Soweto. Dit volg die lewe van Badman, ’n rampokker wat besluit om in sy huis te bly en vegtend te sterf. Dan verskyn ’n beeldskone vrou, ’n sangeres in die plaaslike klub Casablanca, op die toneel en hy sien van sy planne af met verreikende gevolge. Dit is op die afgelope rolprentfees in Durban as die beste Suid-Afrikaanse rolprent vereer. Die prent wys 97 min. en die ouderdomsperk is 18 vir dwelms, geweld, seks, vooroordeel en naaktheid.

Die hoofrolle word vertolk deur Richard Lukunku, Moneoa Moshesh en Lemogang Tsipa.

  • Michelle Williams en Julianne Moore speel die hoofrolle in die verwikkelde drama After the Wedding.
Michelle Williams vertolk die hoofrol in After the Wedding.

Dit handel oor Isabel, ’n maatskaplike werker wat in ’n oorvol weeshuis in Kalkutta, Indië, werk. Sy word gekontak deur ’n borg wat ’n welkome finansiële inspuiting belowe – op die voorwaarde dat sy na New York moet kom. Tog was daar ’n rede dat Isabel die groot stad twee dekades gelede verlaat het. Die prent is gegrond op ’n roman van Susanne Bier. Daar is verskeie kinkels in die verhaal en net ’n pretbederwer sou dit weggee. Die ouderdomsperk is 13 vir dwelms en taal.

 IT: Second Chapter is die tweede rolprentaflewering in die grilverhaal van die skokmeester Stephen King waar kinders spoorloos verdwyn ná hul kennismaking met ’n aaklige hanswors. Dit speel af in die klein dorpie Derry, waar die Losers Club ná 27 jaar weer saamkom nadat hulle die nar Pennywise twee dekades gelede “vernietig” het – tog blyk hy ’n kanniedood te wees.

Mike, wat agtergebly het in die dorpie, bel sy ou vriende om te kom help om die nar weer te verslaan ná ’n klompie kinders spoorloos verdwyn het. Die oorsese resensente is dit eens dat dit beter is as die eerste prent, wel baie langer en vreesaanjaend. Spelers sluit in Jessica Chastain en James McAvoy.Dit kan ook in IMAX beleef word. Die regisseur is Andy Muschietti.

Meer oor:  It:Second Chapter  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.