Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Hier is nuwe Bond-fliek, en dis Craig se laaste

Die titel van die 25ste James Bond-rolprent – die laaste een met Daniel Craig as 007 – is Dinsdag bekend gemaak.

’n Video in die aanloop tot die vrystelling van No Time To Die, wat in April 2020 uitgereik word, is Dinsdag deur die vervaardigers op Twitter en YouTube geplaas.

Rami Malek, wat ’n Oscar gewen het vir sy vertolking van Freddie Mercury in die fliek Bohemian Rhapsody, vertolk die rol van ’n “misterieuse skurk”, berig BBC.

Phoebe Waller-Bridge, skepper van die reeks Fleabag, is een van die skrywers, terwyl die akteurs Ralph Fiennes en Ben Whishaw terugkeer as onderskeidelik M en Q.

Cary Fukunaga van Beasts of No Nation en True Detective is ook die regisseur, volgens The Guardian.

Craig het Waller-Bridge glo by die projek betrek om die draaiboek te verfyn en dit meer humoristies te maak.

Tydens vervaardiging het Craig sy enkel beseer en chirurgie ontvang en kort daarna is ’n lid van die span in ’n beheerde ontploffing beseer.

Meer oor:  No Time To Die  |  Vermaak  |  Flieks  |  Daniel Craig  |  James Bond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.