Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Nuwe 'Aladdin' dalk nie so magies soos ouds

’n Hele nuwe wêreld. Dís wat Aladdin vir sy Jasmine nog al die jare belowe het, maar noudat hulle met die vlieënde mat in moderne tye rondreis, lyk daardie realiteit dalk ’n bietjie anders as destyds.

Die nuwe Aladdin het darem ’n bietjie meer klere aan as die Aladdin van ouds. Foto: Twitter/ Disney

Die nuwe Aladdin-fliek was vandeesweek groot nuus omdat dit teen Vrydag wêreldwyd uitgereik word, maar talle internetgebruikers vind dat hulle nie net die lokprent kyk nie, maar sommer afdwaal na Saturday Night Live (SNL) se video wat gekskeer oor hoe Aladdin in moderne tye sal lyk, terwyl ander na die oorspronklike liedjie luister.

Disney het ’n foto gedeel van hoe prinses Jasmine in die nuwe fliek sal lyk. Foto: Twitter/ Disney

In die SNL-video val ’n bom uit Sirië op Jasmine se kop, terwyl ’n vliegtuig hul toilet op haar kop leegmaak.

Sy en haar Aladdin kom darem steeds bymekaar uit, al het hulle probleme met die vlieënde mat waarop hulle reis.

Talle internetgebruikers het ook begin kommentaar lewer nadat hulle Zayn, wat deel van die One Direction-groep was, en Zhavia Ward, ’n Amerikaanse sangeres, se weergawe van die bekende en gewilde “A Whole New World” geluister het.

Dié twee sangers sing die nuwe weergawe vir die nuwe Aladdin-fliek, maar internetgebruikers het gesê dat hulle liewer weer na die oorspronklike liedjie gaan luister het nadat hulle dié weergawe gehoor het.

Internetgebruikers het onderaan Brad Kane en Lea Salonga, wat destyds die singery van Aladdin en Jasmine gedoen het, se weergawe van dié liedjie gaan skryf dat hulle net weer daarna moes kom luister nadat hulle die nuwe weergawe gehoor het.

Talle YouTube-gebruikers het ander aangemoedig om aan te dui hoeveel van hulle na die oorspronklike “A Whole New World” gaan luister het nadat hulle die nuwe weergawe gehoor het, terwyl duisende gebruikers erken het dat hulle meer van die oorspronklike liedjie hou.

Disney het Mena Massoud en Naomi Scott, wat die rolle van Aladdin en Jasmine in die nuwe Aladdin-fliek vertolk, se weergawe van “A Whole New World” Woensdagoggend op YouTube gedeel in afwagting van die fliek wat Vrydag op die silwerdoek is.

Mena Massoud vertolk die rol van Aladdin in die nuwe Aladdin-fliek. Foto: Getty Images
Naomi Scott is prinses Jasmine in die nuwe Aladdin-fliek.Foto: Reuters

Will Smith sal die rol van die genie in die fliek vertolk.

Will Smith sal die blou genie wees.Foto: Twitter/ Disney

Meer oor:  Snl  |  Saturday Night Live  |  Disney  |  Aladdin  |  Will Smith  |  Naomi Scott  |  Mena Massoud  |  Silwerdoek  |  Tier  |  Flieks  |  Kinderfliek  |  Mat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.