Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Nuwe Bond-fliek se lokprent is hier

Die langverwagte lokprent van die jongste James Bond-rolprent, No Time to Die, is onlangs uitgereik.

Die fliek begin op 3 April op die kringloop.

Daniel Craig maak sy laaste verskyning as dié spioen in die 25ste aflewering in die rolprentreeks gegrond op Ian Fleming se oorspronklike verhaal.

Die fliek begin met Bond wat uit die spioenwêreld tree, maar sy vriend, die CIA-agent Felix Leiter, vra hom om hulp.

Daniel Craig in 'No Time to Die'.

Benewens die gereelde motoraksie en ’n nuwe blik op die bekende Aston Martin DB5, verskyn die akteur Rami Malek, bekroon vir sy rol as Freddie Mercury in die rolprent Bohemian Rhapsody, vir die eerste keer as die booswig.

In ’n stadium klim Craig ook agter die stuurwiel in van ’n klassieke Series II V8 Vantage.

Die vervaardiging van die fliek het nie sonder struikelblokke verloop nie, met Craig wat ’n enkelbesering opgedoen het en die regisseur wat vervang moes word.

Danny Boyle, bekend om rolprente soos Slumdog Millionaire en Trainspotting, sou aanvanklik die regie gedoen het, maar hy het weens “kreatiewe verskille” aan die projek onttrek.

Die Amerikaanse regisseur Cary Joji Fukunaga het die leisels oorgeneem en hulle moes vinnig werk om die fliek te voltooi. Phoebe Waller-Bridge, die vervaardiger van die Emmy-bekroonde reeks Fleabag, was ook by die draaiboek betrokke.

Daniel Craig maak sy laaste verskyning as die spioen James Bond in die fliek 'No Time to Die'.
Meer oor:  Rami Malek  |  Daniel Craig  |  No Time To Die  |  James Bond  |  Lokprent  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.