Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Nuwe ‘Fiela se kind’ se lokprent

Die lokprent van die langverwagte tweede rolprentweergawe van Fiela se kind is Donderdag uitgereik.

Fiela se kind begin op 13 September landwyd.

Brett Michael Innes is die regisseur van dié fliek wat op Dalene Matthee se gelyknamige bosroman gegrond is.

“Vir my is die sterkpunt van die verhaal die liefde tussen ’n ma en seun en die vraag na identiteit,” sê Innes.

“Daarom het ek gedink dit is gepas om die lied ‘Toe vind ek jou’ in die lokprent te gebruik.”

Margot Rothman sing die lied wat deur Karen Zoid en Francois van Coke bekend gemaak is.

Die lied kom nie in die fliek voor nie, maar Innes reken dis Fiela se lied aan haar seun Benjamin.

Matthee se oorspronklike verhaal gaan oor Fiela Komoetie, ’n bruin vrou, wat haar wit optelkind, Benjamin, versorg en dan word hy tydens ’n sensusopname van haar weggeneem.

Zenobia Kloppers wat die rol van Fiela vertolk, het gereeld vir Luca Bornman (wat die klein Benjamin vertolk) en Wayne Smith (die groot Benjamin) gesing om hulle op emosionele tonele voor te berei.

Katinka Heyns het in die 1980’s ’n rolprent van Fiela se kind met Shaleen Surtie-Richards in die rol van Fiela uitgereik.

Matthee is in 2005 dood.

“Ek sou haar gevra het om die première van die fliek by die Silwerskermfees by te woon,” sê Innes.

* Fiela se Kind begin op 13 September landswyd in rolprentteaters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.