Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Nuwe ‘Top Gun’ se lokprent is hier

Die lokprent van die langverwagte fliek Top Gun: Maverick waarin die akteur Tom Cruise sy rol as die vegvlieënier Maverick uit die 1980’s hervat, is onlangs uitgereik.

Op 26 Junie 2020 is die vlieëniers terug, met spoed en groot, vinnige masjiene.

Tom Cruise en Jennifer Connelly in Top Gun: Maverick.

In die tweede fliek gaan dit weer om wedywering, maar met vooruitgang vir Maverick.

Cruise het onlangs op die Comic-Con in San Diego die beeldmateriaal bekend gestel van die fliek wat hy as ’n “liefdesbrief aan lugvaart” beskryf het.

Dié keer het Maverick te doen met kwessies rondom die tegnologie van hommeltuie en vyfdegeslagvegters.

Die lokprent beeld Maverick uit as onwillig om die leer te klim en volgens sy senior (vertolk deur Ed Harris) staar “uitwissing” hom in die gesig.

Jennifer Connelly en Jon Hamm verskyn ook in die fliek.

Miles Teller vertolk die seun van Goose wat nou Maverick se protégé word.

Val Kilmer is weer te sien as Iceman.

Die opvolgfliek deur die regisseur Joseph Kosinkski word sedert 2010 ontwikkel. Kosinkski het voorheen saam met Cruise aan die wetenskapfiksie-avontuur Oblivion gewerk.

Hamm, bekend om sy rol in die AMC-reeks Mad Men, het in ’n onderhoud met die webblad Collider die fliek en die tegnologie daarin geloof.

Cruise het verlede jaar in Mission: Impossible – Fallout, verskyn, die sesde aflewering in die fliekreeks.

Die oorspronklike Top Gun in 1986 deur die regisseur Tony Scott het wêreldwyd $350 miljoen (sowat R4, 9 miljard) verdien.

Tom Cruise in die oorspronklike Top Gun.
Meer oor:  Tom Cruise  |  Val Kilmer  |  Jon Hamm  |  Flieks  |  Lugvaart  |  Lokprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.