Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Nuwe ‘Wonder Woman’ in Junie uitgereik

’n Nuwe “wonder-era” word op 5 Junie in rolprentteaters ingelui met #WW84, waarin die 1980’s se Wonder Woman haar in twee nuwe vyande vasloop – Max Lord en The Cheetah.

Wonder Woman 1984 is Warner Brothers se opvolg op Wonder Woman wat in 2017 $822 miljoen by die loket verdien het.

Verwagtinge is hoog met Gal Gadot wat weer die hoofrol sal vertolk en Patty Jenkins wat weer die regie-leisels hou.

Die akteurs in die nuwe fliek is Chris Pine as Steve Trevor, Kristen Wiig as The Cheetah, Pedro Pascal as Max Lord, Robin Wright as Antiope en Connie Nielsen as Hippolyta.

Gal Gadot vertolk weer die hoofrol in die nuwe ‘Wonder Woman’-fliek.

Die vervaardigers is ’n hele span wat bestaan uit Charles Roven, Deborah Snyder, Zack Snyder, Patty Jenkins, Gal Gadot en Stephen Jones.

Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n span van agt uitvoerende vervaardigers.

Die gereelde kreatiewe Wonder Woman-span wat help dat alles agter die skerms vlot verloop, is steeds betrokke, onder andere die fotografiehoof Matthew Jensen, produksie-ontwerper Aline Bonetto en kostuumontwerper Lindy Hemming.

Die redigeerder Richard Pearson is ook aan boord, asook die Oscar-bekroonde komponis Hans Zimmer van Dunkirk- en The Lion King-faam.

Die fliek word wêreldwyd uitgereik en die eerste vertonings sal reeds op 3 Junie wees.

Meer oor:  Gal Gadot  |  Kristen Wiig  |  Flieks  |  Wonder Woman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.