Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Plakkaat van ‘Moffie’ pas uitgereik
Kai Luke Brümmer vertolk die hoofrol in Moffie.

Die plakkaat van die Suid-Afrikaanse rolprent Moffie is pas uitgereik.

Dié oorlogsrolprent oor die deurgangsrites van jong dienspligtiges is vroeër vanjaar met sy oorsese debuut op die 76ste Venesiese rolprentfees goed ontvang. Oorsese resensente loof die prent, wat gegrond is op die gefiksionaliseerde memoir van André Carl van der Merwe en in 2007 verskyn het. Die rolverdeling is meestal jong akteurs met min of geen ervaring van toneelspeel nie.

Dit handel oor ’n jong man se dienspligopleiding in die apartheidsjare en is deur ’n oorsese resensent bestempel as ’n meedoënlose ontleding van homofobie.

Die hoofspeler, Kai Luke Brümmer, is ook wyd vir sy vertolking in die rolprent geloof.

Moffie was ook vroeër op die 63ste Londense internasionale rolprentfees, ’n topfees op die Britse rolprentkalender, onder die tien rolprente wat gekies was om as beste rolprent mee te ding.

In die roman skryf Van der Merwe oor sy stryd om as 19-jarige die juk van hipermanlikheid, wat die samelewing op hom afgedwing het, af te skud. Dit speel af in 1981 toe hy vir nasionale diensplig opgeroep is.

Oliver Hermanus, regisseur, het vroeg reeds aandag getrek met sy rolprente Shirley Adams, Skoonheid(Beauty) en sy voorlaaste rolprent, The Endless River. Laasgenoemde was die eerste Suid-Afrikaanse rolprent wat in ’n kompetisie op die Venesiese rolprentfees meegeding het.

Meer oor:  Moffie  |  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.