Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Potter-ster in tronkdrama wat in Pta afspeel
’n Toneel uit die Australies-Britse produksie Escape from Pretoria met die Harry Potter-ster Daniel Radcliffe in die hoofrol.

Die ontsnapping van twee wit Suid-Afrikaanse mans uit Pretoria se sentrale gevangenis het in die 1970’s opslae gemaak, dit is nou die gegewe vir die Brits-Australiese rolprent Escape from Pretoria.

Tim Jenkin (Daniel Radcliffe) en Stephen Lee (Daniel Webber) is in 1978 as “terroriste” toegesluit in die maksimumveiligheidstronk weens hul betrokkenheid by die ANC – toe nog ’n bevrydingsorganisasie wat verban is. Die rolprent volg die twee en ’n ander gevangene se poging om uit die gevangenis te ontsnap deur houtsleutels vir elk van die nege deure tussen hulle en vryheid te maak. Hulle ontsnappingspoging was suksesvol.

Benewens Radcliffe (bekend om die Harry Potter-rolprente) en Webber is die akteurs Ian Hart, Mark Leonard Winter en Nathan Page ook te sien.

Sam Neill is die aktivis Denis Goldberg wat die tronkbewaarder om die bos gelei het sodat die drie kon ontsnap.

Die regisseur is Francis Annan en die rolprent is in Australië verfilm. Die draaiboek is gegrond op Jenkin se outobiografie Inside Out: Escape from Pretoria Prison. Dit is nog nie bekend wanneer die rolprent in Suid-Afrika uitgereik word nie. Jenkin vertolk ’n klein rol in die rolprent.

Meer oor:  Fliek  |  Daniel Radcliffe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.