Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Prent oor Mapplethorpe op grootskerm
n Toneel uit Mapplethorpe.

’n Biografiese rolprent oor die Amerikaanse fotograaf Robert Mapplethorpe word eersdaags internasionaal uitgereik.

Die prent volg die omstrede kunstenaar se lewe van waar hy die rockster en digter Patti Smith ontmoet het en hulle hul intrek geneem het in die legendariese Chelsea Hotel in New York.

Mapplethorpe (1946-1989) is bekend vir sy ikoniese portrette van kunstenaars soos Smith, Iggy Pop, Debbie Harry en Laurie Anderson. Hy was ’n onversetlike kunstenaar wat nie geskroom het om gay-erotiek uit te beeld nie, in swart-wit en op groot skaal. Sy fokus was om die gay-lewe van New York te belig.

Die prent is getiteld Mapplethorpe en toon sy strewe om naam as ’n kunstenaar te maak en sy seksualiteit uit te leef.

Matt Smith is te sien as Mapplethorpe en Marianne Rendón as Smith. Die regisseur is Ondi Timoner. Sy het tien jaar aan die projek gewerk.

Haar vorige prent was die dokkie Second Coming met die komediant Russell Brand.

Mapplethorpe word in Maart in Amerika uitgereik. Dit is nog nie bekend wanneer dit in Suid-Afrika te sien sal wees nie.

Meer oor:  Robert Mapplethorpe  |  Fliek  |  Fotograaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.