Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Racheltjie de Beer in Oktober in teaters
Die verhaal van Racheltjie de Beer begin in Oktober in Suid-Afrika wys. Foto ter illustrasie.

Die langverwagte Afrikaanse rolprent Die verhaal van Racheltjie de Beer word in Oktober landwyd uitgereik.

Die rolprent is gegrond op die topverkoper-roman met dieselfde naam deur die skrywer en filmmaker Brett Michael Innes. Dit vertel die legendariese storie van die Afrikaanse gesin, die De Beers, wat in die 1800’s verplig was om skuiling op ’n plaas in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika, te soek.

Namate die winter toeslaan en donker wolke en sneeu oor die Drakensberge rol, word die toneel vir ’n tragedie voorberei.

Die sterbelaaide rolverdeling sluit in Stian Bam, Zonika de Vries, Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Antoinette Louw en Beate Opperman. Johannes Jordaan vertolk sy heel eerste rol as Racheltjie se kleinboet. Die regisseur is Matthys Boshoff.

Meer oor:  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.