Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Bekendes skitter by afsluiting van Silwerskermfees

Die agtste kykNET-Silwerskermfees het Saterdagaand op ’n glansgeleentheid in Kampsbaai geëindig. Vanjaar se fees is gekenmerk deur rolprente wat worstel met vraagstukke van die Suid-Afrikaanse hede en verlede. Ses vollengterolprente het meegeding om die topprysse tydens die fees.

Kanarie, ’n rolprent wat die lewe van ’n jong, gay dienspligtige belig in die apartheidsjare, het skoonskip gemaak met vyf kykNET-Silwerskerm-pryse.

Die legendariese rolprentvervaardiger Katinka Heyns is op die aand vereer vir haar lewenswerk.

Hier is 'n keur van al die bekende gesigte wat by die geleentheid was.

Donnalee Roberts Foto: Simon Sonnekus
Cintaine Schutte is aangewys as beste vroulike byspeler vir haar rol in Die seemeeu. Foto: Jaco Marais
Karen Meiring en Katina Heyns, wat vir haar lewenslange bydrae vereer is. Foto: Simon Sonnekus
Cindy Swanepoel is aangewys as beste aktrise in ’n kortrolprent, Fluit fluit. Foto: Jaco Marais
Amy Jephta is bekroon vir beste draaiboek vir Ellen: Die Ellen Pakkies storie wat sy saam met Ellen Pakkies geskryf het. Foto: Jaco Marais
Die rolprentmaker Katinka Heyns is vir haar lewenswerk vereer. Foto: Jaco Marais
Amy Jephta, beste draaiboek, Ellen: Die Ellen Pakkies storie, en Christiaan Olwagen, beste regisseur van ’n rolprent, Kanarie. Foto: Simon Sonnekus
Marí Borstlap en Gérard Rudolf Foto: Simon Sonnekus
Mila Guy Foto: Simon Sonnekus
Gérard Rudolf Foto: Simon Sonnekus
Cintaine Schutte en Rolanda Marais verskyn albei in Die seemeeu. Foto: Simon Sonnekus
Marius Weyers Foto: Simon Sonnekus
Edwin van der Walt Foto: Simon Sonnekus
Frank Opperman vertolk die hoofrol in Dominee Tienie. Foto: Simon Sonnekus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.