Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Só lyk Star Wars no. 9

Geharde Star Wars-aanhangers het almal ’n ligte floute beleef toe die lokprent van Star Wars: Episode IX – The Rise of Skywalker Dinsdagoggend uitgereik is.

Star Wars-aanhangers hoef nie meer lank te wag nie: Star Wars: Episode IX – The Rise of Skywalker word op 20 Desember uitgereik. Foto: Lucasfilm

Die lokprent van die negende en laaste hoofstuk in die sogenaamde Skywalker-saga is binne net vyf uur meer as 2,3 miljoen keer gekyk en sal waarskynlik blitsvinnig ’n YouTube-rekord of twee breek.

Die jongste rolprent se gebeure speel ’n jaar ná die aksie van die 2017-rolprent Star Wars: Episode VIII – The Last Jedi af. In die laaste hoofstuk sal die berugte konflik tussen die Jedi en Sith glo tot ’n skouspelagtige einde kom.

Die rolverdeling sluit onder andere Mark Hamill, Daisy Ridley, John Boyega, Oscar Isaac, Richard E. Grant, Lupita Nyong’o en Keri Russell in.

Die Star Wars-legende Carrie Fisher, wat in 2016 oorlede is, gaan ook weer in haar bekendste rol, dié van Prinses Leia Organa, te sien wees. Volgens die rolprentwebwerf Screen Rant gaan die rolprentmakers ongebruikte rolprentmateriaal van Fisher in Star Wars: Episode VII – The Force Awakens en The Last Jedi gebruik om Fisher se karakter in die laaste hoofstuk in te sluit.

Die nuwe rolprente sal na alle verwagting ook ’n lokettreffer wees en soos die vorige twee hoofstukke die geld laat inrol: Volgens die webwerf Box Office Mojo het The Force Awakens eindelik meer as $2 miljard wêreldwyd verdien. The Last Jedi het dit met meer as $1,3 miljard opgevolg.

Star Wars: Episode IX – The Rise of Skywalker open op 20 Desember wêreldwyd, ook hier in Suid-Afrika. Besprekings vir kaartjies by Ster-Kinekor en Nu Metro is reeds oop.

Meer oor:  The Rise Of Skywalker  |  Flieks  |  Star Wars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.