Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: So lyk Triggerfish se Oscar-benoemde fliek
Wolf se kind uit Revolting Rhymes van Triggerfish.

Die Kaapse animasieateljee Triggerfish se Revolting Rhymes is vir ’n Oscar benoem.

Die animasieprent Revolting Rhymes is verlede jaar aangewys as beste animasiefliek by die Bafta-toekennings vir kinderrolprente in Londen.

Die fliek is gegrond op Roald Dahl se grillekker feëverhale. Die rolprent is in die animasieateljee Triggerfish in Dieprivier en in Magic Light in Berlyn geanimeer.

Revolting Rhymes is ook benoem vir die gesogte Annie-prys wat op 3 Februarie in Los Angeles beslis word, asook die Britse Animasieprys wat op 15 Maart oorhandig word en die internasionale Emmy Kids-prys wat in April bekend gemaak word.

Die regisseur is Jakob Schuh (The ­Gruffalo) en Jan Lachauer (Room on the Broom). Die stemkuns van Dominic West (The Affair), Rose Leslie (Game of Thrones) en Gemma Chan (Humans) kan daarin gehoor word.

Die Oscars word op 4 Maart in Los Angeles oorhandig.

Meer oor:  Triggerfish  |  Oscar  |  Revolting Rhymes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.