Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Tutu se stryd gou op silwerdoek
The Forgiven begin op 5 Oktober in rolprentteaters.

’n Nuwe rolprent oor emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu se werk as hoof van die Waarheids-en-versoeningskommissie is op pad na die grootskerm.

Byna twee dekades ná die einde aan ’n tydperk van rekenskap in Suid-Afrika se gewelddadige geskiedenis van rassediskriminasie, neem regisseur Roland Joffé jou terug na die verskriklike waarhede en nalatenskap van apartheid.

The Forgiven, gebaseer op Michael Ashton se verhoogstuk, The Archbishop and the Antichrist, is ’n fiktiewe vertelling van Tutu (Forest Whitaker) se morele en intellektuele stryd met die moordenaar en lid van ’n voormalige apartheidsera-groep, Piet Blomfeld (Eric Bana), oor verlossing en vergifnis.

Nadat Tutu ’n omvattende brief van dié veroordeelde moordenaar ontvang waarin hy om genade pleit, besluit hy om hom in sy tronksel te gaan besoek. Hier voer die twee mans ’n reeks intense gesprekke oor skuldgevoelens en vergifnis.

Joffé, bekend vir sy opspraakwekkende politiese stories soos The Killing Fields (1984), ’n gewelddadige weergawe van Kambodja se politieke geskiedenis, het die draaiboek saam met Ashton geskryf.

Eric Bana as Piet Blomfeld in The Forgiven.

Die Oscar-bekroonde Whitaker het voorheen in die fliek Zulu (2013) ’n Suid-Afrikaner gespeel en het sy agtergrond van Suid-Afrika se geskiedenis vir sy rol as die aartsbiskop gebruik.

Dié rolprent, wat vervaardig is deur Craig Baumgarten en Suid-Afrikaanse produksievennoot, Zaheer Goodman-Bhyat van Light and Dark Films, is in en om Kaapstad verfilm met die meeste tonele by die Pollsmoor-maksimumsekerheidsgevangenis.

Ander Suid-Afrikaanse akteurs soos Jeff Gum, Morné Visser en Thandi Makhubele is ook in die rolprent te sien.

Tutu het toestemming tot die vervaardiging van die rolprent verleen.

*The Forgiven word vanaf 5 Oktober 2018 by fliekteaters in Suid-Afrika vertoon.

Kyk die lokprent hier:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.