Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
kykNET Silwerskerm-fees vanjaar in nuwe baadjie aanlyn

Die kykNET Silwerskermfees, ’n hoogtepunt op die jaarlikse vermaakkalender, gaan vanjaar ’n nuwe baadjie aantrek en in ’n ander formaat aanlyn aangebied word.

Die fokus sal op produksie, die ontwikkeling van kortfilms en ander opwindende en belangrike aspekte van die rolprentbedryf wees.

Die tiende kykNET Silwerskermfees word vanjaar aanlyn gehou.

“Die invloed van die pandemie het die produksie van alle nuwe werk wat vir vanjaar se fees vervaardig sou word, vertraag,” sê Karen Meiring, direkteur van M-Net: kykNET-kanale in ’n mediaverklaring.

“Ons moes gevolglik al ons projekte en ons benadering tot vanjaar se fees heroorweeg. Met hierdie uitdagings het ons ook nuwe geleenthede raakgesien en ons is opgewonde oor die betrekking van internasionale vennote om saam te werk, te inspireer en noodsaaklike bedryfskennis met Suid-Afrikaanse rolprentmakers te deel.”

Die eerste kykNET Silwerskerm-webinaar sal van 2 tot 4 September plaasvind en sluit gassprekers en fasiliteerders van oor die wêreld in. Daar sal op internasionale vennootskappe, finansiering en nuwe maniere van vervaardiging in die rolprent-en-televisiebedryf gefokus word. Sprekers sluit in verteenwoordigers van SXSW, Berlinale, die Sydney-rolprentfees, die British Film Council en Fremantle Media in Australië.

Die volledige program sal op Woensdag 12 Augustus beskikbaar wees. Registrasie vir dié drie dae lange webinaar kos R150 en sluit toegang in tot alle sessies, eksklusiewe premières van Suid-Afrikaanse rolprentmakers, virtuele wegbreekruimtes (breakout rooms) vir intieme vraag-en-antwoord-sessies asook ’n werksessie oor finansiering wat deur Wesgro gefasiliteer sal word. Twee eksklusiewe premières van plaaslike speelfilms sal via die DStv-platform BoxOffice vertoon word.

Die tiende jaarlikse kykNET Silwerskermfees was aanvanklik beplan om op 24 Augustus in Kampsbaai te begin. As gevolg van die verandering in formaat is die kortfilmkompetisie met ’n nuwe fokus op draaiboekontwikkeling verleng. Ander fees-inisiatiewe sal ook voortgaan met uitgestelde sluitingsdatums.

Een van hierdie projekte is die Draaiboeksoek-kompetisie wat op die 2019-fees aangekondig is, en wat op die ontwikkeling van nuwe tekste sal fokus.

Die sluitingsdatums vir die Draaiboeksoek-inskrywings is tot 29 Januarie 2021 uitgestel. Daar sal dus veel meer tyd wees vir ontluikende skrywers en skeppers om hul gedagtes te ontwikkel en te verfyn.

Rolprentmakers wat bestaande rolprente vir moontlike vertoning op die 2021-fees wil inskryf, het ook tot 29 Januarie tyd.

Meer oor:  Silwerskermfees  |  Kyknet  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.