Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Lady Gaga, Cooper gunstelinge om Golden Globes te wen

Die rolprent A Star is Born is ’n groot aanspraakmaker in die aanloop tot die 76ste Golden Globe-pryse vir film en televisie wat Maandag (Suid-Afrikaanse tyd) in Los Angeles in Kalifornië in Amerika toegeken word.

Bradley Cooper en Lady Gaga in A Star is Born.

Publikasies soos Vulture.com, USA Today en Esquire voorspel dat Bradley Cooper en Lady Gaga, die hoofspelers in dié rolprent, gunstelinge is om as beste akteur en aktrise in ’n drama aangewys te word.

Bradley is ook ’n gunsteling om as regisseur van ’n dramarolprent met die louere weg te stap.

Dié musiekrolprent is gegrond op die kultustreffer van 1973 met Barbra Streisand en Kris Kristofferson.

Cooper speel die rol van die countryrockster Jackson Maine, wat een nag ’n jong sangeres in ’n kroeg hoor sing. Hy is oortuig daarvan dat sy ’n ster kan word – haar weergawe van “La Vie en Rose” roer die hartsnare behoorlik. Ally meen weer haar voorkoms, veral haar reuseneus, staan in haar pad, soos baie musiekpromotors al gesê het. Maine skaar hom aan haar kant, begin haar loopbaan bou en die twee raak verlief.

Terwyl USA Today reken dat Cooper en Lady Gaga as beste akteur en aktrise aangewys sal word, én sy eie gunstelinge vir dié kategorieë is, stem ander media nie saam nie.

Hulle breek ’n lansie vir ander rolprente.

Esquire voorspel dat die superheld-fliek Black Panther waarin Suid-Afrika se eie John Kani en Connie Chiume ook verskynings maak, sal wen.

Michael B. Jordan in Black Panther.

Die komiese fliek Crazy Rich Asians is Esquire se keuse vir beste komiese rolprent, maar hy voorspel Green Book sal wen.

Volgens dié publikasie gaan Rami Malek die prys as beste akteur ontvang vir sy rol as Freddie Mercury in Bohemian Rhapsody, maar hulle glo John David Washington moet vir sy rol in BlacKkKlansman hiermee bekroon word, terwyl Lady Gaga sy keuse vir beste aktrise is. Esquire voorspel dat sy sal wen.

Vulture.com voorspel ook dat Malek beste akteur sal wees.

Alfonso Cuarón, regisseur van Roma, is ’n sterk teenstander vir Cooper.

Rami Malek as Freddie Mercury in Bohemian Rhapsody.

Esquire reken hy is die mees verdienstelike kandidaat, maar hy voorspel dat Bradley dit sal opraap.

Cuarón is ook Vulture se keuse vir beste regisseur en voorspel dat Cuarón sal wen.

Screenrant.com voorspel ook dat A Star is Born sal wen, maar reken die fliek If Beale Street Could Talk moet eerder wen.

Melissa McCarthy is ook eerder hul gunsteling vir beste aktrise vir haar rol in Could You Ever Forgive Me?

* Die Golden Globes-toekenningsgeleentheid word Maandag om 03:00 regstreeks op M-Net Movies Premiere (DStv-kanaal 104) uitgesaai. ’n Verkorte weergawe van die geleentheid word om 20:00 op M-Net uitgesaai.

Meer oor:  Bradley Cooper  |  Lady Gaga  |  Rami Malek  |  John Kani  |  Los Angeles  |  Flieks  |  Golden Globes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.