Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Legendariese rolprentkomponis sterf
Ennio Morricone, een van die bekendste komponiste van rolprentmusiek, het op 6 Julie op 91-jarige leeftyd gesterf. Foto: BBC News

Ennio Morricone, een van die bekendste komponiste van rolprentmusiek, is op 6 Julie op 91-jarige leeftyd in ’n hospitaal in Rome oorlede. Hy het geval en ’n been gebreek waarna hy opgeneem is en ’n paar dae later dood is.

Dié Italiaanse maestro was die skepper van bekende musiek vir onder meer Cinema Paradiso, Once Upon a Time in America, The Untouchables en Quentin Tarantino se The Hateful Eight, waarvoor hy in 2016 ’n Oscar ontvang het. Hy is ook vir Days of Heaven, The Mission, The Untouchables en Bugsy and Malena vir Oscars benoem.

Sy mees ikoniese werk is egter die onheilspellende melodieë wat hy vir Clint Eastwood se Western-trilogie A Fistful of Dollars,For a Few Dollars More en The Good, the Bad and the Ugly geskep het.

Hans Zimmer, ook ’n bekende komponis van rolprentmusiek, het aan BBC Breakfast on Monday gesê Morricone was enig in sy soort. “Sy musiek was altyd uitstaande en dit het emosionele en intellektuele diepte verleen.”

Die regisseur Edgar Wright het gesê Morricone het van ’n gemiddelde fliek ’n moet-sien gemaak, ’n goeie fliek in kuns omskep en ’n uitstekende fliek tot ’n legendariese prent verhef. ­– BBC News

Meer oor:  Ennio Morricone  |  Sterf  |  Rolprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.