Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Ma en seun se band met deernis bekyk

Sê groete vir Ma
, met Hannes van Wyk. Regisseur: Sandra Prinsloo

Stel jou dit voor: Reghardt Roets se veelbewoë lewe draai net om sy dierbare ma.

Watter invloed het ’n ma, dikwels onbewustelik, op haar kind?

Daar is altyd lekker lag, nie altyd lekker huil nie en voorvalle wat ’n onuitwisbare merk op ’n jong gemoed laat. Tussendeur is daar die ma en seun se emosies, wat soms netjies op die spoor loop, maar soms stamp die trokke hard teen mekaar.

Dis die terugklim op die trein wat belangrik is.

Dit is veral laasgenoemde waaroor hierdie eenmanvertoning met Hannes van Wyk van Kwêla-faam gaan. Dit fokus op die foute wat ’n ma en haar seun maak, maar dit word altyd met deernis uitgebeeld in Desiré Gardner se teks.

Daar is ook nog die verwikkelde verhouding gedraai soos ’n bol wol, asook die mense wat soos planete om Reghardt se son draai. Sy pa, wat van ’n sensitiewe kind ’n man wou maak, en sy broer, wat die lewe nie deur dieselfde bril gesien het nie. En moenie die veerpoothoender vergeet nie wat hom met die dood in aanraking gebring het, en Reghardt se ontdekking van hoe moeilik dit is om ’n tiener te wees.

Kykers sal hulle kan vereenselwig met die pyn van ouerskap en die invloed van die naderende dood.

Besprekings en navrae by Artist Warehouse. Inligting oor besprekings kan verkry word by info@artistwarehouse.co.za.

  • Die videoskakel is bit.ly/32TyICR. Kaartjies kos R110 en die produksie duur van Dinsdag 1 Desember tot Sondag 6 Desember om middernag.
Meer oor:  Tv-Verhoog  |  Sê Groete Vir Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.