Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Madonna regisseer fliek oor haarself

Madonna skryf saam met die Oscar-bekroonde draaiboekskrywer Diablo Cody (Juno, Tully) aan ’n fliek oor haar lewe en sal ook die regisseur daarvan wees.

“Ek wil die ongelooflike reis van my lewe as kunstenaar, as ’n musikant, danser en ’n mens verwoord,” sê Madonna (62) in ’n verklaring.

“Die fokus sal altyd op die musiek wees. Musiek het my aan die gang gehou en kuns het my lewend gehou.”

Die biografiese fliek sal blykbaar sowat twee uur lank wees, maar ’n titel is nog nie bekend gemaak nie.

Universal Pictures sal dit versprei. Dit het nog nie ’n datum vir uitreiking nie.

Biografiese musiekrolprente is die laaste tyd gewild in Hollywood, soos Elton John se Rocketman en Queen se Bohemian­ Rhapsody.

Dit is wel ongewoon vir die onderwerp van die fliek om ook die regisseur te wees.

“Daar is soveel onvertelde stories en wie anders om dit te vertel as ek?” sê Madonna.– ibtimes, The Guardian

Meer oor:  Madonna  |  Fliek  |  Regisseur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.