Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Marvel-flieks oorheers plaaslike loket
Avengers: Infinity War.

Die afgelope naweek het Marvel Studios se superheldskouspel Avengers: Infinity War die tweede grootste lokettreffer tot nog toe op die plaaslike kringloop geword.

Marvel Studios beklee tans die twee topplekke vir rolprentverdienste tot nog toe in Suid-Afrika.

Black Panther is steeds in die eerste plek met ’n onoorwonne rekord sedert dit in Februarie vanjaar uitgereik is.

Suid-Afrikaanse gehore stroom steeds in massas na fliekteaters om dié Avengers-vervolgprent, waarvan die vervaardiging tien jaar geduur het, te sien. Die prent het reeds R73 miljoen verdien met meer as 874 000 plaaslike kykers.

Black Panther se finale inkomste by die loket in Suid-Afrika was R107,5 miljoen, met meer as 1,43 miljoen kykers. Dit is nie net die grootste lokettreffer tot nog toe in Suid-

Black Panther.

Afrika nie, maar ook in Oos- en Wes-Afrika. Dit is ook die eerste prent om hier die R100 miljoen-kerf verby te steek.

Die rolprent is nou beskikbaar op DVD en Blu-ray, en is ook digitaal te huur en te koop by groothandelaars op die vasteland.

Marvel-aanhangers kan uitsien na Ant-Man and the Wasp, wat pas in fliekteaters begin wys het. Die volgende prente uit die Marvel-stal is Captain Marvel en die volgende Avengers-fliek, wat albei in 2019 uitgereik word.

Die animasieprent Incredibles 2 is reeds Disney se tweede grootste animasieprent tot nog toe in Suid-Afrika, naas die gewilde Finding Dory. Incredibles wys nog net drie weke in fliekteaters.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.