Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Mel Gibson aan die stuur van nuwe ‘Wild Bunch’
William Holden in ’n toneel uit The Wild Bunch.

Mel Gibson se naam word genoem as regisseur van ’n nuwe weergawe van die klassieke Wilde Weste-prent The Wild Bunch.

Dié omstrede prent van die legendariese regisseur Sam Peckinpah handel oor ’n klompie hardebaarde wat al hul plunder- en moordvaardighede inspan vir ’n laaste veldtog op die Amerikaanse grens met Mexiko. Dit was destyds (in 1969) baie omstrede vir veral die uitbeelding van geweld en die mans se kruheid.

Volgens ’n eksklusiewe berig in die aanlyn rolprenttydskrif Deadline het die akteur-regisseur Gibson sy oog op Michael Fassbender, Jamie Foxx en Peter Dinklage vir die hoofrolle in die nuwe weergawe. ’n Latere artikel op Movieweb het dit ook bevestig.

Gerugte dat die projek in aantog is, doen al sedert 2011 die ronde. Luidens Wikipedia en TheWrapis die akteur Will Smith se naam ook al aan die

Die plakkaat van Sam Peckinpah se regisseursweergawe van The Wild Bunch.

projek gekoppel en handel die nuwe weergawe oor ’n onteerde Amerikaanse CIA-agent wat ’n aardige span bymekaarmaak om ’n Mexikaanse dwelmbaas te gaan vastrek.

Gibson het ná ’n lang stilte van bykans ’n dekade as regisseur weer in 2016 op die toneel verskyn met die oorlogprent Hacksaw Ridge, wat twee Oscars in die tegniese kategorieë losgeslaan het.

Meer oor:  Western  |  The Wild Bunch  |  Mel Gibson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.