Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Miss Julie’ as ’n fliek vertoon
Vanessa Kirby en Eric Kofi Abrefa in National Theatre Live se produksie van Miss Julie wat Sondag in die Fugard-bioskoop gewys word. Foto: Rosaline Shahnavazbe

’n Nuwe weergawe van August Strindberg se Miss Julie wat verlede jaar in Londen te sien was as Julie, is Sondag in die Fugard-bioskoop te sien.

Dis geskryf deur die dramaturg Polly Stenham.

Dit is deel van die National Theatre Live se opvoerings wat as rolprente vertoon word.

Dit speel af in Londen van vandag met Vanessa Kirby en Eric Kofi Abrefa in die hoofrolle.

Dit word in ’n mediaverklaring as skokkend en relevant vir vandag beskryf, maar kritici verskil hieroor.

Julie (Kirby) is enkellopend en hou ’n laataandpartytjie. Terwyl alles jolig gaan, stap Julie na die kombuis waar Jean (Kofi Abrefa) en Kristina (Thalissa Teixeira) opruim en hier begin ’n magspel tussen Jean en Julie wat uitloop op ’n verwoede stryd om oorlewing.

Michael Billington van The Guardian het gemeen die stuk maak geen sin in vandag se samelewing nie. Strindberg se drama het hom afgespeel in ’n wêreld met uiterste verskille in klas wat vandag en in Londen nie sin maak nie. Hy meen dit sou hoogstens ’n paar wenkbroue laat lig as ’n rykmansdogter en die motorbestuurder ’n verhouding aanknoop. Die stuk het hom nie beïndruk nie. Dominic Cavendish van The Telegraph het gemeen die stuk is oppervlakkig en die gehoor het geen simpatie met enige van die karakters nie.

Die Evening Standard se Henry Hitchings het dit as vaal en sonder enige gevoel van gevaar beskryf. Niks oor klasse- en rasseverskille word diep genoeg ondersoek nie.

In The Stage is die stuk wel as uitdagend beskryf.

Die plaaslike weergawe van Mies Julie wat in 2016 onder regie Yaël Farber vir die Baxter-teater opgevoer is, het in Suid-Afrika en oorsee opslae gemaak. Dis in onder meer Londen en New York opgevoer en het plaaslike vier Fleur du Cap-pryse gewen en drie pryse by die Edinburg-fees in Skotland toe dit daar opgevoer is.

Die vertoning in die Fugard begin om 10:00 en kaartjies kos R100. Bespreek by die loket by 021 461 4554 of aanlyn by thefugard.com.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.