Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Moffie’ en ‘Fiela’ trek aandag oorsee
Kai Luke Brümmer en die regisseur Oliver Hermanus tydens die verfilming van ‘Moffie’.

Terwyl die Suid-Afrikaanse rolprent Moffie nog benoemings vir pryse oorsee kry, sal Suid-Afrikaners tot Maart moet wag om dit te sien.

Dit is vir drie British Independent rolprentpryse benoem in topkategorieë: Oliver Hermanus vir beste regisseur, Jamie D Ramsay vir beste kinematografie en Jack Sidey vir beste vervaardiger.

Dié oorlogsrolprent oor die deurgangsrites van jong dienspligtiges is vroeër vanjaar met sy oorsese debuut goed ontvang op die 76ste Venesiese rolprentfees.

Dit is gegrond op die gefiksionaliseerde memoir van André Carl van der Merwe wat in 2007 verskyn het, en die rolverdeling is meestal jong akteurs met geen ervaring van toneelspeel nie.

Dit handel oor ’n jong man se dienspligopleiding in die apartheidsjare en is deur ’n oorsese resensent bestempel as ’n meedoënlose ontleding van homofobie. Die hoofspeler, Kai Luke Brümmer, is ook wyd vir sy vertolking in die rolprent geloof.

Moffie was ook vroeër onder die tien rolprente wat gekies is om mee te ding as beste rolprent op die 63ste Londense internasionale rolprentfees, ’n topfees op die Britse rolprentkalender.

In die roman skryf Van der Merwe oor sy stryd om as 19-jarige die juk van hipermanlikheid af te skud, wat deur die samelewing op hom afgedwing is. Dit speel af in 1981 toe hy vir nasionale diensplig opgeroep is.

Hermanus het reeds vroeg aandag getrek met sy rolprente Shirley Adams, Skoonheid(Beauty) en sy voorlaaste rolprent, The Endless River. Laasgenoemde was die eerste Suid-Afrikaanse rolprent om in ’n kompetisie op die Venesiese rolprentfees mee te ding.

Die pryse word op 1 Desember oorhandig.

*Fiela se kind, wat vroeër vanjaar op die kykNET Silwerskermfees as die gehoor se gunsteling aangewys is, is deel van die amptelike program van die Tallinn Black Nights-rolprentfees in Estland. Die fees word van 15 November tot 1 Desember aangebied. Die rolprent, gegrond op die roman van Dalene Matthee, sal daar sy internasionale première hê.

Die regisseur van die rolprent is Brett Michael Innes en die rol van Fiela word deur Zenobia Kloppers vertolk.

Meer oor:  Moffie  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.