Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Momoa grap dat ‘Aquaman 2’ dalk vertraag kan word

Ná die groot loketsukses van DC Comics se Aquaman, het Jason Momoa (wat die hoofrol vertolk), op Instagram gespot dat verfilming vir die tweede rolprent in die reeks in die wiele gery kan word indien ’n stootskraper in Hawaii hom sou omry, berig Buzzfeed.

Momoa, wat al vir weke in Hawaii is om teen die bou van ’n groot teleskoop op heilige grond te betoog, deel nou al ’n geruime tyd sy misnoeë oor die projek op sosiale media. Sy seun, Nakoa-Wolf Manakauapo Namakaeha, is saam met hom in die voorste linies.

Hierdie teleskoop, bekend as die Thirty Meter Telescope (TMT), word tans op ’n dormante vulkaan op Mauna Kea, Hawaii se hoogste piek, opgerig.

Dié gebied word deur talle inheemse groepe van Hawaii as heilige grond beskou.

In ’n plasing op Instagram skryf die akteur: “Jammer Warner Brothers, ons kan nie Aquaman 2 verfilm nie want ek is deur ’n stootskraper omgery terwyl ek besig was om die ontheiliging van belangrike grond teen te staan.”

Momoa, ’n boorling van Hawaii, het hom by die groep betogers by Mauna Kea aangesluit ná ’n paar vreedsame betogers deur die polisie in hegtenis geneem is.

“Ons is die onverwagse, ons is die weerstand, ons sal nooit moed opgee nie,” het die 40-jarige akteur ook op Instagram geskryf, berig ScreenRant.

Dwayne (The Rock) Johnson is ook onlangs op die bouterrein gewaar waar hy teen die konstruksie van die teleskoop betoog.

Volgens TheWrap is Momoa kontraktueel daartoe verbind om sy pligte met betrekking tot die verfilming van Aquaman 2 na te kom, wat glo reeds geskeduleer is om op 16 Desember 2022 in teaters te begin draai.




Meer oor:  Jason Momoa  |  Aquaman  |  Rolprent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.