Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
MTV Studios gaan Julia Jansch se kortprent uitsaai
Julia Jansch Foto: Verskaf

Die Suid-Afrikaanse rolprentmaker Julia Jansch kan nog ’n veer in haar hoed steek vir haar kortfliek My Father the Mover.

Nadat dit vroeër vanjaar op die 19de Tribeca-rolprentfees in New York as die beste dokumentêre kortfliek aangewys is, is dit nou een van slegs ’n paar uitgesoekte oorsese dokumentêre wat MTV Documentary Films, ’n afdeling van MTV Studios, gaan uitsaai.

Luidens ’n verklaring sal MTV Documentary dit ook ná sy amptelike bekendstelling saam met die Oscar-bekroonde kortfilm St. Louis Superman asook die bekroonde speelfilm Gay Chorus Deep South vir die Oscarsinskryf en MTV sal met ’n volledige toekenningsveldtog begin.

My Father the Mover fokus op die danser Stoan Galela wat kinders in die Khayelitsha-township in Kaapstad leer dans en hulle só help om bo hul omstandighede uit te styg.

Die plakkaat van “My Father the Mover”.

Galela, ’n selfopgeleide danser, leer die kinders, wat hy “superkragte” noem, soos die Gqom-dans.

Hy het op ’n jong ouderdom begin dans en bedryf ook die dansgroep United Township Dancers hier.

Daarby hou hy die pot aan die kook met velerlei werksaamhede, onder meer met die choreografie van danse vir bruidspare.

“Sy storie het my hart geraak, want Stoan is gewoond om agter die skerms te werk sonder dat mense weet van die wonderlike werk wat hy doen. Ek wou sy storie met die wêreld deel en vir hom ’n platform skep om mense bewus te maak van wat hy doen. Daar is so baie mense wat net soos Stoan wonderlike werk in hul gemeenskap doen,” het Jansch in ’n mediaverklaring gesê.

“Hy het vir my gesê dat almal vryheid kan hê en dat dit jou keuse is of jy gaan vry wees of nie. Hy het vir my ’n tatoeëermerk op sy arm gewys van ’n marionet wie se toutjies geknip is. Die marionet herinner hom dat hy nie deur enigiets vasgevang hoef te wees nie. Dit het regtig ’n indruk op my gemaak. Ons het almal iets wat ons vasketting, of dit nou sielkundig of fisiek is.

’n Toneel uit die kortprent “My Father the Mover”.

“Stoan inspireer ons om ’n manier te vind om onsself te bevry.”

Stoan en sy dogter Alatha is in die prent te sien, asook die dansers wat deur hom opgelei word.

Jansch, dogter van die bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur en vervaardiger Roberta Durrant, het haar loopbaan in rolprentontwikkeling by Fremantle en RadicalMedia begin. Haar kortflieks is al op rolprentfeeste oor die wêreld heen gesien. Sy werk tans aan haar eerste vollengte-rolprent, en woon in New York.

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.