Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Netflix bied fees vir fliekvlooie tydens pandemie

Netflix gaan vanjaar 70 nuwe flieks uitreik, ’n ambisieuse projek wat die leemte vul terwyl bioskoopteaters nog gesluit is of nie ten volle kan funksioneer nie.

Een van die 70 flieks, van sy duurste tot nog toe, is die aksiefliek Red Notice met Dwayne Johnson, Ryan Reynolds en Gal Gadot. Opvolgflieks vir die romantiese komedies The Kissing Booth en To All the Boys I’ve Loved Before word ook beplan.

Opdrag is reeds gegee vir talle dramas wat ’n regiedebuut deur Halle Berry met Leonardo DiCaprio en Jennifer Lawrence in die hoofrolle insluit.

Netflix was eens ’n vloekwoord onder rolprentmakers wat hul lojaliteit aan bioskoopteaters nie kon afskud nie, maar deesdae is dié stromingsdiens een van die betroubaarste ateljees.

Verlede jaar het Netflix nuwe flieks deur die regisseurs Spike Lee, George Clooney en Gina Prince-Bythewood uitgereik en ook flieks gekoop wat weens die Covid-19-regulasies nie in teaters vertoon kon word nie.

Flieks in feitlik alle genres sal vanjaar die lig sien, onder meer aksie, gruwels, komedie, rillers, dramas, Westerns en animasie. Hiervan sal 52 flieks in Engels wees, tien in ander tale en agt sal animasieflieks wees. Dokumentêre rolprente is nie deel van die lys nie.

Die volgende flieks verskyn in die eerste drie maande van die jaar:

  • Januarie: Pieces of a Woman, Outside the Wire, The White Tiger, Penguin Bloom, Finding ’Ohana en The Dig.
  • Februarie: Malcolm & Marie, I Care a Lot.
  • Maart: Moxie en Yes Day.

Hier is ’n klompie van die flieks wat later vanjaar sal verskyn: Awake, A Week Away, A Winter’s Tale from Shaun the Sheep, Back to the Outback, Bombay Rose, Double Dad, Escape from Spiderhead, Fear Street Trilogy, No One Gets Out Alive, Skater Girl, Stowaway, The Woman in the Window en The Last Letter from Your Lover.

Vyf topflieks tans op Netflix

Netflix beveel 35 flieks aan wat reeds te sien is en waarvan veral dié vyf die moeite werd is:

Pieces of a Woman: ’n Oscar sal nie onvanpas wees vir Vanessa Kirby se briljante vertolking van Marta, wie se lewe ná ’n mislukte tuisgeboorte uitmekaarval nie. Die regisseur is die Hongaar Kornél Mundruczó.

The Trial of the Chicago 7: Ware gebeure oor ’n groep betogers wat van sameswering teen die Viëtnam-oorlog aangekla word. Die akteurs sluit in Joseph Gordon-Levitt, Eddie Redmayne en Sacha Baron Cohen. Aaron Sorkin is die skrywer en regisseur.

Enola Holmes: Die heldin Enola Holmes is Sherlock Holmes se jonger suster, puik vertolk deur Millie Bobby Brown. Henry Cavill is te sien as Sherlock en Helena Bonham Carter die Holmes-matriarg. ’n Pretfliek deur die regisseur Henry Bradbeer.

Marriage Story: Scarlett Johansson en Adam Driver lewer kragtige vertonings as Nicole en Charlie wat hulle in emosionele en wetlike komplikasies bevind in ’n poging om ’n vennootskap apart van mekaar te laat werk. Dit is vreugde-hartseer op sy beste. Noah Baumbach is vir ’n Oscar vir die regie benoem.

The Two Popes: ’n Biografiese drama oor die Duits-gebore pous Benedictus XVI en sy opvolger, kardinaal Jorge Mario Bergoglio. Anthony Hopkins en Jonathan Pryce se spel is meesleurend. Bergoglio verbreek verskeie Katolieke tradisies en het op sy wêreldreise ook Lesotho aangedoen. Die Brasiliese Fernando Meirelles is die regisseur.

  • Saamgestel deur Elretha Britz met bykomene bronne: mybroadband.com, cnet.com, imdb.com
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.