Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Netflix help werkers in SA rolprent- en TV-bedryf

Die stromingsdiens Netflix het R8,3 miljoen in ’n hulpfonds gestort om Suid-Afrikaanse werklui in die rolprent- en TV-bedryf te steun.

Netflix het die hulpfonds in samewerking met Sasfed en die IPO op die been gebring. Foto: Sasfed.org

Volgens ’n mediaverklaring is die Covid-19-rolprent-en-TV-hulpfonds in samewerking met die Suid-Afrikaanse Silwerdoekfederasie (Sasfed) en die Organisasie vir Onafhanklike Vervaardigers (IPO) op die been gebring.

Die fonds is spesifiek op lede van rolprent- en TV-spanne gemik wat gewoonlik per uur betaal word, soos assistente, kamera-, beligting- en klankspanne; die mense in beheer van kostuums, hare, grimering en rekwisiete; veiligheidswagte en fotograwe op stel; asook komponiste en naproduksiespanne – eintlik enigiemand buiten teksskrywers, vervaardigers, regisseurs en akteurs.

’n Volledige lys van die werklui wat in aanmerking kom, is op tshikululu.org.za/case-study/netflix-covid-19-film-and-television-relief-fund/ beskikbaar.

Belangstellendes het net tot 16 Augustus om 23:59 kans om hul aansoeke in te dien. Die aansoeke sal deur ’n paneel oorweeg word voordat elke suksesvolle aansoeker R15 000 sal ontvang. Die hulpfonds sal volgens die mediaverklaring deur die firma Tshikululu Social Investments van Johannesburg geadministreer word.

Bepalings en voorwaardes geld, onder meer dat aansoekers ten minste sedert 1 Maart 2018 in Suid-Afrika woonagtig is en dat hulle sedert 1 Maart 2019 vir ten minste twee maande in die Suid-Afrikaanse rolprent- of TV-bedryf gewerk het.

Aansoeke sal streng gekeur word en moet benewens ’n inskrywingsvorm ook onder meer twee verwysings, ’n lys van produksies waaraan die aansoeker gewerk het, ’n gesertifiseerde afskrif van ’n ID en bankstate insluit. Aansoeke kan aanlyn, per pos of per koerier ingedien word. Al die besonderhede is op bogenoemde webblad beskikbaar.

Navrae kan per e-pos na netflix-applications@tshikululu.org.za gestuur word.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Netflix  |  Tv  |  Ipo  |  Flieks  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.