Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Netflix wys Japanse animasie in SA
’n Skermgreep uit die Studio Ghibli-rolprent ‘Spirited Away’. Foto: Toho / www.mentalfloss.com

Netflix het aangekondig dat 21 animasierolprente deur Studio Ghibli, die legendariese Japanse rolprentateljee, eersdaags ook hier in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.

Die stromingsdiens het ’n ooreenkoms met die skepper van animasierolprente soos die Oscar-bekroonde Spirited Away en My Neighbor Totoro bereik om die 21 rolprente met onderskrifte in 28 tale, en oorklanking in 20 tale te beeldsend.

Die rolprente sal net op Netflix in Asië, die Pasifiese streek, Europa, die Midde-Ooste, Afrika en Latyns-Amerika beskikbaar wees.

“Daar is deesdae soveel verskillende en wonderlike maniere vir ’n rolprent om ’n gehoor te bereik,” sê Toshio Suzuki, vervaardiger by Studio Ghibli, in ’n mediaverklaring.

“Ons het na ons aanhangers geluister en die besluit geneem om ons katalogus (op Netflix) te stroom. Ons hoop mense wêreldwyd kan die Studio Ghibli-wêreld nou deur hierdie ervaring ontdek.”

Die 21 rolprente sal in sarsies op Netflix uitgereik word. Op 1 Februarie sal die rolprente Castle in the Sky (1986), My Neighbor Totoro (1988), Kiki’s Delivery Service (1989), Only Yesterday (1991), Porco Rosso (1992), Ocean Waves (1993) en Tales from Earthsea (2006) beskikbaar wees.

Op 1 Maart word Nausicaä of the Valley of the Wind (1984), Princess Mononoke (1997), My Neighbors the Yamadas (1999), Spirited Away (2001), The Cat Returns (2002), Arrietty (2010) en The Tale of the Princess Kaguya (2013) uitgereik.

En op 1 April sal die katalogus met die uitreiking van die laaste sewe rolprente – Pom Poko (1994), Whisper of the Heart (1995), Howl’s Moving Castle (2004), Ponyo on the Cliff by the Sea (2008), From Up on Poppy Hill (2011), The Wind Rises (2013) en When Marnie Was There (2014) – aangevul wees.

Studio Ghibli is in 1985 gestig en het reeds 22 rolprente vervaardig. Hul 2001-treffer, Spirited Away, is in 2002 met die Golden Bear op die internasionale rolprentfees in Berlyn bekroon. Dit het in 2003 die Oscar in die kategorie beste animasierolprent voor rolprente soos Ice Age en Lilo & Stitch opgeraap.

Volgens The Wall Street Journal het dié rolprent meer geld as enige ander fliek nog by die Japanse loket verdien. – Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Netflix  |  Tv  |  Flieks  |  Studio Ghibli  |  Spirited Away
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.