Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nog 4 ‘Avatar’-flieks kom, beloof regisseur

James Cameron, regisseur van Avatar, is nog vas van plan om vier opvolgflieks van dié 2009-fliek te maak.

Cameron het so gesê terwyl reguleerders die voorgestelde verkoop van 21st Century Fox Studios aan die Walt Disney-maatskappy oorweeg.

Die fliekplakaat van die eerste Avatar-film, wat in 2009 uitgereik is en 'n weghol sukses was.

Cameron sê hy het al 100 dae se werk agter die rug aan die tweede en derde Avatar-fliek, waarvoor hy ’n kontrak met 21ste Century Fox het. As die flieks goed vaar, sal hy aangaan met die vierde en vyfde fliek, wat hy reeds geskryf het.

“Ek is persoonlik tot hulle almal verbind,” het hy in Kalifornië by die ateljee gesê waar die flieks gemaak word.

Die ontwerpe van karakters en kreature vir die opvolgflieks is aan die mure in die ateljee opgeplak, maar hy het dit nie aan die media gewys nie.

“As jy Rupert Murdoch is, kan jy hulle sien,” het hy geskerts.

21st Century Fox behoort aan Murdoch.

Avatar is die heel suksesvolste fliek tot dusver en het wêreldwyd meer as $2,8 miljard (nagenoeg R34 miljard) verdien. Die volgende Avatar-fliek sal teen Desember 2020 begin draai.

Die komende Avatar-flieks is ’n “familiesage”. Dit kan óf werk óf die doodskoot vir die flieks wees, sê Cameron. – Reuters

Meer oor:  Walt Disney  |  James Cameron  |  Vermaak  |  Flieks  |  Avatar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.