Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks

Robin’s Wish ***

Robin’s Wish
Robin’s Wish

Dis ’n viering van Robin Williams se lewe en sy nalatenskap, en sy weduwee praat openlik oor die siekte waaraan hy gely het voor sy dood, Lewy Body-demensie. Vele mense uit die vermaaklikheidswêreld praat opreg en met groot bewondering oor seker die snaaksste moderne komediant wat op 11 Augustus 2014 dood is. Hulle ontleed ook sy genialiteit veral as komediant, en sy menslikheid. Op Showmax.

Barbra: The Music . . . The Mem’ries . . . The Magic!

Vir sommiges klink haar stem na ’n nael wat oor ’n swartbord getrek word. Vir ander soos ’n engel wat jou in ’n ander wêreld verwelkom. Hierdie sangeres lewer een van haar laaste konserte in dié program waarin sy van haar toonaangewende treffers sing – natuurlik nie almal nie! Maar om haar daardie hoë, driftige note van “Don’t Rain on My Parade” en ook die rustig-liriese “People” te hoor en sien sing, is ’n belewenis. En dis duidelik dat sy haarself (met reg) as “fantasties” en “wonderlik” beskou. Hierdie verfilmde konsert is uitsluitlik vir Streisand-aanhangers. Op Netflix.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.