Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks bied lekker verskeidenheid
Kate McKinnon en Mila Kunis in The Spy Who Dumped Me.

n Lekker deurmekaar fliek-oes wag môre op kykers.

 The Spy Who Dumped Me, met die sterre Mila Kunis en Kate McKinnon in die hoofrolle, is ’n aksie-avontuur met hope komedie.

McKinnon, ’n gereelde poetsbakker op Saturday Night Live, word veral geloof vir haar vertolking in die prent oor die hegte kameraadskap tussen vroue – daar is ook nog gevegte, jaagtogte en ontploffings.

Dit handel oor Kunis se karakter wat deur haar kêrel afgesê word – hy is ’n spioen, maar het nagelaat om haar daarvan in te lig. Dieselfde mense wat hom soek, is nou op haar spoor en hulle maak maklik dood.

Onwetend word die twee betrek by ’n nare spul mense en moet terugbaklei, maar niemand glo hulle nie.

Kodi Smit-McPhee in Alpha.

Die regisseur is Susan Fogel. RogerEbert.com meen die regisseur kon nie die perfekte balans vestig tussen komedie en aksie nie. Van die resensente meen ook McKinnon verdien haar eie rolprent waarin sy haar talente werklik ten toon kan stel.

 Die Suid-Afrikaanse rolprent Farewell Ella Bella van die skrywer-regisseur Lwazi Mvusi is ’n road moviewat handel oor die 24-jarige Ella wat ná die dood van haar alkoholispa met groot skuld gelaat word. Ella reis saam met haar peetpa, Neo (’n musikant), na Johannesburg om haar pa se as daar te begrawe. Onderweg leer sy dat ’n groot wêreld op haar wag buite die grense van die klein Karoodorpie waar sy haar pa versorg het. In sy interaksie met Ella leer Neo ook om sy vrese te besweer.

Die hoofrolle word vertolk deur Jay Anstey en Sello Maake KaNcube. Die ouderdomperk is 13 vir dwelms.

  • Hondeliefhebbers moet nader staan vir Alpha, ’n epiese oorlewingsdrama. Dit speel af in ’n ystydperk 20 000 jaar gelede en word ook in 3D uitgereik. Die regisseur Albert Hughes is bekend om The Book of Eli. Die spelers is Kodi Smit-McPhee, Leonor Varela en Jens Hultén.

Dit volg die lewe van ’n jong jagter wat beseer word gedurende ’n jagtog. Sy makkers dink hy is dood en laat hom agter. Hy word wakker en moet sy wonde versorg én oorleef in ’n woesteny. Hy maak vriende met ’n beseerde wolf, wat sy getroue volgeling word.

Die prent is 96 minute lank en ouerleiding word aanbeveel. Die ouderdomperk is 13.

  • ’n Bonatuurlike riller wat in ’n meisieskosskool afspeel, wag op ’n dapper kyker. Dis Down a Dark Hall van die regisseur Rodrigo Cortés. Die spelers sluit in Uma Thurman as die wrede skoolhoof met Kit Gordy (AnnaSophia Robb) as ’n moeilike, rebelse tiener. By die skool aangekom, besef sy daar is net vier leerlinge in die reuseskool, wat skynbaar baie donker geheime koester. Die prent is geskik vir kykers met ’n voorliefde vir die bo­natuurlike.

Die ouderdomperk is 16 vir taal. Die prent is oorsee nie in teaters uitgereik nie.

Meer oor:  Alpha  |  Flieks  |  Farewell Ella Bella
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.