Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Fluit Fluit, Penguin Bloom

Fluit Fluit *****

Op Showmax. Beperking 13.

fluit fluit

Hierdie kykNET-kortfilm, waarvoor Cindy Swanepoel ’n welverdiende Silwerskerm-toekenningprys as beste aktrise gewen het, breek filmreëls en fokus met ’n natuurlike, maar melancholiese verwondering op ’n vrou wat haar verbeel sy is “die fluitende predikantsvrou”.

Om Swanepoel te ervaar wat verskeie voëls naboots en die s’e laat fluit soos ’n penniefluit, is ’n belewenis. Die versugting na bekendheid en celebrity borrel lewendig tussen die gefluitery deur. Ook ’n verbeelding wat tragies buite beheer geraak het vol eensaamheid. Die regisseur, Hardus van Deventer, belig afsondering en verwronge drome op ’n unieke manier.

Penguin Bloom  **

Op Netflix. Beperking 13.

Hierdie ware verhaal gaan oor ’n vrou (Naomi Watts) wat verlam word en dan deur ’n ekster (magpie) geïnspireer word om weer betekenis te vind. Dit is ’n fliek vol sentiment, strelende kinematografie en ’n veilige storie. Dit ontvou tydsaam, maar dis die verhouding tussen die vrou, haar gesin asook die ekster wat genesing bring, wat dit voortdryf. Vir kunsfliekgangers.
Meer oor:  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.