Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Honest Thief, The Secret: Dare to Dream

Honest Thief ***

Jy ken die resep. Alle Liam Neeson-flieks lyk dieselfde, en hierdie een waarsku weer: moenie met outoppies neuk nie. ’n Bankrower buit $9 miljoen. Dan gee hy homself oor want hy is “eerlik” en raak op Kate Walsh verlief. (Enige ou sal in die tronk gaan sit vir Kate!) Dis verraad, liefde, skietery, jaagtogte, gesigte wat vaagweg bekend lyk en skopgrawe vol aksie. Jy behoort jou gate uit te geniet. In teaters.

  • Beperking: 13.

The Secret: Dare to Dream **

Die fliek, met Katie Holmes en Josh Lucas, gaan oor ’n gesin, met Katie as die ma, wat dalk uit hul huis gesit gaan word weens skuld. Maar ’n toevallige ontmoeting, wanneer ’n motorbotsing plaasvind, bring hulle bymekaar. Maar hy is eintlik daar met slegte nuus! Die verhaal is stroperig en maak al die regte geluide diep uit die stroopblik.

Dit wys ook hoe geloof en ’n vertroue in mekaar wondere kan verrig. Dit hang net af hoe jou houding is en hoe edel jou motiewe is. Veilige, maar gemiddelde vermaak vir die hele gesin.

  • Alle ouderdomme (taal).
Loket

    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.