Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks, In the Heights, The Misfits

In the Heights ****

As jy Hamilton gesien het, sal jy die viriliteit van die Dominikane/Kubane verstaan wanneer Anthony Ramos verduidelik hoekom hy sy tuiste in New York se Washington Heights wil verruil vir ’n beter lewe, maar besef dat jou huis eintlik jou anker is.

Lin-Manuel Miranda se dominerende danse, vuurspuwende berge wat oor die doek drup, familie wat mekaar takel en oorkook-romanse versus die Amerikaanse kultuur en kapitalisme, dryf die musiekblyspel na sy klimaks. Raak besiel deur hierdie kookwaterdansers wat nes ons sonder elektrisiteit in hul wonings worstel. Beurtkrag kry ritme en mooi geoliede lywe.

The Misfits **

Wegneemkos op sy vetterigste sonder ’n fooitjie. Skelms en ontwerper-“helde” beplan ’n rooftog waarin goud gesteel word. ’n Verwaande pa en dogter steel mekaar se beursies, woestaards beraam roofplanne en die FBI lyk soos graadeentjies wat leer lees en skryf. Die storie sal jou dalk kunsmatig boei, maar die oordrewe spel en Pierce Brosnan se selfversekerdheid pootjie die fliek oor die afgrond. In teaters.

Top5

Meer oor:  Nuwe Flieks  |  In The Heights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.