Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Killerman, Dance of the 41

Killerman **

Dis die Big Mac-gemorskos van aksiefilms, met Liam Hems­worth as ’n gewelddadige man verskeur tussen twee wêrelde. Ná ’n ongeluk ly hy aan geheueverlies en ontdek wie hy was en nou word. Dit klink na ’n diep ondersoekende sielkundige riller, maar dis allesbehalwe. Tuimelende motors, vreesaanjaende jaagtogte, vasbeslote oë wat soek na ’n kakebeen om af te slaan of ’n geweldenaar om te vermoor en ’n blitssnelle tempo sonder morele inhoud sal aksieslawe vasgenael hou. Dis tans die vierde gewildste film op Showmax. Ouderdomsperk: 16.

Dance of the 41 ****

Hierdie Mexikaanse Netflix-film is absoluut net op fynproewers gerig en mense wat nie maklik geskok raak nie. Pasop! Dis gegrond op die ware, dekadente en baie gewaagde verhaal van ’n politikus wat ’n dubbele lewe lei. Hy trou met die president se dogter om sy loopbaan te bevorder, maar behoort aan ’n verbode gay kultusgroep waar hy sy seksuele drange snags bevredig. ’n Knap uitbeelding van ’n skandaal wat seksualiteit uit ’n ander hoek belig.

Top5

Meer oor:  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.