Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Love, Weddings & Other Disasters

Love, Weddings & Other Disasters **

Ons sit weer eens met die dilemma. Omdat die groot films deur die ateljees teruggehou word, sien ons minder maaksels wat gewoonlik in kleiner teaters sou gewys het. Hierdie baster-boetie van Love Actually vertel verskeie onwaarskynlike liefdesverhale rondom chaotiese huwelike wat nooit moes gewees het nie.

Sal huweliksmonsters (mense wat reusehuwelike reël) na ander se raad luister en hul ego’s vergeet? Met Diane Keaton, kenmerkende hoed en bril en al met haar hond, nonchalant geoefend snaaks, is daar nie ’n kans dat jy droëbek sal sit nie. Jy sal geforseerd maar suur grinnik.Promising Young Woman,,,

Soos die ouderdomsperk aandui, lewer dié film swaarwigtige kritiek op die wyse waarop meisies deur bullebakke op partytjies dronk gemaak en verkrag word. En natuurlik glo niemand die slagoffer nie. Carey Mulligan raak ’n “death wish”-heldin wat die manne se testikels vergruis. Dis ontsenuende seksuele, soms oordrewe vermaak met gif in y angel.

Loket

Meer oor:  Love  |  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.