Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Ma Rainey’s Black Bottom, Invisible Man

Ma Rainey’s Black Bottom ***

Jy het Chadwick Boseman van Black Panther (2018) selde so gesien. Hy speel die Franse horing in Ma Rainey (Viola Davis) se orkes, en sy weier om haar styl te verander. Sy sing in die Black Bottom-styl, en nie eens Coca-Cola kalmeer haar nie. Die rolprent, waarvoor albei akteurs moontlik Oscars gaan wen, kyk na die stryd van die koppige Levee Green (Boseman) om sy eie ding te doen, en sy botsings met orkeslede en Ma Rainey. Dit is slegs vir rolprentfoendies. Boseman is fenomenaal. Op Netflix.

The Invisible Man ****

Hierdie hoofmeisie onder rillers het ’n dwarsklap van Covid-19 gekry, want skaars het dit gehore geterroriseer, of teaters is gesluit. Nou kan jy op Showmax meemaak hoe ’n onsigbare lieplapper van ’n rampokker ’n onskuldige meisie (die knap Elisabeth Moss) verrinneweer en dit geniet. Jy sal hardop gil, dalk onder jou ontsmette bank wegkruip, of jou brein probeer ontsmet ná al die gruwels. Dankbaar dat jy nie dié naweek in die Paasverkeer vasgekeer is nie? Kyk hierna.

Meer oor:  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.