Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Military Wives, The Secret Garden

Military Wives ****

As jy bedruk voel, sal dié ware verhaal, wat vroue aangemoedig het om ook kore te stig, jou op satynsagte wolke laat krul van lekkerkry. Nadat ’n groep vroue se mans na die front gestuur word, besluit ’n bevelvoerder se vrou (die briljante Kristin Scott Thomas) om ’n amateurkoor te stig om hul hartseer en verlange uit te sing. Sommige sing uitbundig vol geloof en hoop, maar ander hartseer omdat hul mans op die slagveld dood is. Maar ervaar dit in ’n teater om die klank en sang ten volle in Dolby Stereo te waardeer. Nou in fliekteaters. Neem sakdoeke saam!

The Secret Garden ***

Hierdie is die soveelste weergawe van Frances Hodgson Burnett se roman. Maar dié slag is dit getemper en word pragtige visuele tegnieke gebruik (soos die natuur wat verlep of nuwe kleure kry) wat net op ’n silwerdoek tot sy reg kom. Veral kinders kan aanklank vind by dié hartseer storie van ’n weeskind wie se verblyf op haar oom se landgoed draagliker word wanneer sy ’n towertuin ontdek. In fliekteaters.

Lokettreffers

Meer oor:  Nuwe Flieks  |  Military Wives  |  The Secret Garden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.