Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks op Boxoffice

The Turning
The Turning
met Mackenzie Davis en Finn Wolfhard. Regisseur: Floria Sigismondi
 **

O droefenis. Hierdie wanskapige poging tot skrikmaak sal jou inperkingskoors stewiger begrendel! ’n Gillende vrou wandel deurgaans met flou liggies deur donker gange en gil telkens wanneer iets uit die hoek spring. Dis ’n betreurenswaardige nuwe weergawe van The Turn of the Screw, gegrond op die boek The Innocents deur Henry James. Dit gaan oor ’n onderwyseres wat deur twee bose kinders geterroriseer word. Net die spel verhef dit na twee sterre. Verstok en somber.

  • Op BoxOffice.

I Still Believe met K.J. Apa en Britt Robertson ***

Hierdie fliek bied darem bietjie geestelike verligting. Dié ware verhaal oor geloof gaan oor die gospelsanger Jeremy Camp (innig vertolk deur K.J. Apa) en kan jou begeester en weer diep uit die beker van geloof laat skep vir nog ’n droewe dag. Camp het verlief geraak op ’n mooi meisie, maar nadat sy aan kanker sterf, verloor hy sy geloof. Dan gebeur ’n wonderwerk wat wys: as die nag op sy donkerste is, is die daeraad naby. Dalk ’n cliché, maar wáár. Aanbeveel.

  • Op BoxOffice.
Meer oor:  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.