Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: Six Minutes to Midnight, Run

Six Minutes to Midnight ***

Die Tweede Wêreldoorlog het skielik weer hoogmode geword. Daar word omtrent deesdae maandeliks nuwe stories oor hierdie gruweltydperk vertel. Voeg by die mengsel die grote Judi Dench en daar is ’n ekstra rede om te gaan kyk. Dit gaan oor Nazi’s wat hul dogters na ’n spesiale afrondingskool in Brittanje gestuur het sodat daar eendag ’n toekoms ook in Engels vir hulle kan wees. Maar nie al die onderwyseresse stem saam met wat daar gebeur nie. Menslik, met empatie en deernis gemaak, en meevoerend.

Run ***

Soos met Dench verseker die naam van ’n bekroonde aktrise dat sy nie haar naam aan ’n minderwaardige produk sal koppel nie, en dis ook die geval met Sarah Paulson in hierdie strak fliek. ’n Tiener word deur haar streng ma tuis geskool.

Maar is die vrou wie sy dink sy is? Die storie neem ’n onverwagse, donker wending totdat ’n mens verbaas na die ontknoping kyk met ’n paar skokkende kinkels. Slegs in fliekteaters. Dis jou geld werd.

Loket

Meer oor:  Nuwe Flieks  |  Run  |  Six Minutes To Midnight
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.