Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Nuwe flieks: The War with Grandpa, Flatlands

The War with Grandpa ****

Soms voel ’n mens sommer net lus om in die modder te speel en modderkoekies te bak, en dis hoe hierdie manipulerende komedie jou laat voel wat onbeskaamd al die regte kettings trek en sorg dat daar geen onwelriekende geurtjie is nie. Robert de Niro speel die rol van ’n kwaai oupa wat ’n onnut, so reg uit Home Alone, se kamer oorneem wanneer hy by hulle intrek. ’n Poetsbakkery en toutrekkery oor die kamer ontstaan wat jou oopbek sal laat lag. Vir resensente is dit ’n teen-die-neus-afkyk-fliek. Vir gesinne: hoe later hoe kwater hoe lekkerder. In rolprentteaters.

Flatland ****

Drie aweregse vroue bevind hulle in een van Suid-Afrika se min Westerns waarin veral vroue triomfeer. Twee meisies, wat liederlike stelle met mans afgetrap het (die aangrypende Nicole Fortuin en die uitstaande Izél Bezuidenhout) vlug per perd en word deur ’n polisievrou (Faith Baloyi is uitstekend) agtervolg met haar eie demone. Dit is ’n taai skuurpapierfliek wat verdien om gesien te word. Uitstekend en ontstellend! Let op taalgebruik. In fliekteaters.

Loket

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.